ESTER 3:10
ESTER 3:10 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)
Die koning is oorreed. Hy het sy seëlring van sy vinger afgehaal en dit vir Haman seun van Hammedata die Agagiet, die vyand van die Jode, gegee.
ESTER 3:10 Bybel vir almal (ABA)
Die koning het sy seël afgehaal en hy het dit vir Haman seun van Hammedata gegee. Haman was van die nageslag van Agag en hy was die vyand van die Judeërs.
ESTER 3:10 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
Toe trek die koning sy seëlring van sy hand af en gee dit aan Haman, die seun van Hammedáta, die Agagiet, die teëstander van die Jode.
ESTER 3:10 Afrikaans 1983 (AFR83)
Toe haal die koning sy seëlring van sy vinger af en gee dit vir die vyand van die Jode, vir Haman seun van Hammedata die Agagiet
ESTER 3:10 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Die koning het sy seëlring van sy hand afgehaal en dit vir Haman, die seun van Hammedata, die Agagiet, teenstander van die Jode, gegee.