EFESIËRS 5:8-9
EFESIËRS 5:8-9 Bybel vir almal (ABA)
Voorheen was julle soos mense wat in die donker lewe, maar nou behoort julle aan die Here en nou is julle in die lig. Daarom moet julle lewe soos mense wat in die lig lewe. Julle moet die dinge doen wat mense doen wat in die lig lewe, julle moet goeie dinge doen, dinge wat reg is, julle moet eerlik wees.
EFESIËRS 5:8-9 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
Want vroeër was julle duisternis, maar nou is julle lig in die Here — wandel soos kinders van die lig. Want die vrug van die Gees bestaan in alle goedheid en geregtigheid en waarheid.
EFESIËRS 5:8-9 Afrikaans 1983 (AFR83)
Vroeër was julle die ene duisternis, maar nou in die Here is julle lig. Leef dan as mense van die lig. Uit die lig kom alles voort wat goed en reg en waar is.
EFESIËRS 5:8-9 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Want vroeër was julle wel duisternis, maar nou, in die Here, is julle lig. Leef as kinders van die lig! Die vrug van die lig bestaan immers uit alle goedheid en •geregtigheid en waarheid.
EFESIËRS 5:8-9 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
Want soms was julle duisternis, maar nou is julle lig in die Here; wandel soos kinders van die lig. (Want die vrug van die Gees is in alle goedheid en geregtigheid en waarheid;)