EFESIËRS 5:3-4 - Compare All Versions
EFESIËRS 5:3-4 ABA (Bybel vir almal)
Julle moenie onsedelik lewe en ander slegte dinge doen nie. Julle moenie altyd meer en meer goed vir julleself wil hê nie. Julle behoort aan God, en almal moet weet dat julle nooit hierdie dinge doen nie. Julle moenie lelike en dom dinge sê en slegte dinge oor ander mense sê nie. Mense wat aan Christus behoort, doen nie dit nie. Wanneer julle praat, dan moet dit net wees om vir God dankie te sê.
EFESIËRS 5:3-4 AFR53 (Afrikaans 1933/1953)
Maar hoerery en allerhande onreinheid of hebsug moet onder julle selfs nie genoem word nie, soos dit die heiliges betaam; ook nie gemeenheid en dwase of lawwe praatjies wat nie pas nie, maar liewer danksegging.
EFESIËRS 5:3-4 AFR83 (Afrikaans 1983)
Soos dit gelowiges betaam, moet daar van ontug, onsedelikheid in enige vorm, of gierigheid onder julle selfs geen sprake wees nie. Growwe, ligsinnige of vuil praatjies pas nie by julle nie; nee, dank aan God pas by julle.
EFESIËRS 5:3-4 AFR20 (Die Bybel 2020-vertaling)
Maar, soos dit •heiliges betaam, moet daar onder julle van onsedelikheid en allerlei onreinheid of gierigheid geen sprake wees nie, ook nie van skandelikhede en dwase of lawwe praatjies, wat alles onvanpas is nie, maar eerder van danksegging.
EFESIËRS 5:3-4 CAB23 (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
Maar hoerery en allerhande onreinheid of hebsug, laat dit nie eenmaal onder julle genoem word soos dit die heiliges betaam nie; Geen vuilheid of dwase praatjies of grappies wat nie gerieflik is nie, maar eerder danksegging.
EFESIËRS 5:3-4 DB (Die Boodskap)
Onthou, julle behoort aan God. Daarom mag julle nie eens daaraan dink om seksueel verkeerde dinge van watter aard ook al te doen of om van gierigheid oor te loop nie. Oppas wat julle sê. Moenie lelik praat, vuil stories of skurwe grappe vertel nie. Dit pas nie by ’n Christen nie. Praat liewer só dat dit vir God aangenaam is om te hoor.
EFESIËRS 5:3-4 NLV (Nuwe Lewende Vertaling)
Soos dit pas by mense wat aan God behoort, moet daar onder julle geen sprake wees van seksuele son-des, immorele optredes of gierigheid nie. Ook skur-we stories, ligsinnige praatjies en vulgêre grappe pas nie by julle nie. Wat by julle pas, is om God te dank.