EFESIËRS 5:29-30 - Compare All Versions
EFESIËRS 5:29-30 ABA (Bybel vir almal)
Mense is altyd lief vir hulleself en hulle sorg goed vir hulle eie liggame. Christus sorg ook so vir sy liggaam, die kerk, en ons behoort almal aan die kerk, sy liggaam.
EFESIËRS 5:29-30 AFR53 (Afrikaans 1933/1953)
want niemand het ooit sy eie vlees gehaat nie, maar hy voed en koester dit, net soos die Here die gemeente. Want ons is lede van sy liggaam, van sy vlees en van sy bene.
EFESIËRS 5:29-30 AFR83 (Afrikaans 1983)
want niemand het nog ooit sy eie liggaam gehaat nie. Inteendeel, hy voed en versorg dit, soos Christus met sy kerk doen omdat dit sy liggaam is, waarvan ons lede is.
EFESIËRS 5:29-30 AFR20 (Die Bybel 2020-vertaling)
Niemand het nog ooit sy eie liggaam gehaat nie; inteendeel, hy voed en koester dit, soos Christus sy •kerk. Ons is immers lede van sy liggaam.
EFESIËRS 5:29-30 CAB23 (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
Want niemand het nog ooit sy eie vlees gehaat nie; maar voed en koester dit, net soos die Here die gemeente. Want ons is lede van sy liggaam, van sy vlees en van sy gebeente.
EFESIËRS 5:29-30 DB (Die Boodskap)
Ek het nog nie van iemand gehoor wat homself vurig haat nie. Nee, hy kyk liewer na homself en versorg homself mooi. Dit is wat Jesus met die kerk doen, want die kerk is vir Hom sy eie liggaam.
EFESIËRS 5:29-30 NLV (Nuwe Lewende Vertaling)
’n Mens haat mos nie jou liggaam nie, maar voed en versorg dit. Christus maak net so met ons, die kerk, omdat ons ledemate van sy liggaam is.