EFESIËRS 5:29 - Compare All Versions

EFESIËRS 5:29 ABA (Bybel vir almal)

Mense is altyd lief vir hulleself en hulle sorg goed vir hulle eie liggame. Christus sorg ook so vir sy liggaam, die kerk

EFESIËRS 5:29 AFR53 (Afrikaans 1933/1953)

want niemand het ooit sy eie vlees gehaat nie, maar hy voed en koester dit, net soos die Here die gemeente.

EFESIËRS 5:29 AFR83 (Afrikaans 1983)

want niemand het nog ooit sy eie liggaam gehaat nie. Inteendeel, hy voed en versorg dit, soos Christus met sy kerk doen

EFESIËRS 5:29 AFR20 (Die Bybel 2020-vertaling)

Niemand het nog ooit sy eie liggaam gehaat nie; inteendeel, hy voed en koester dit, soos Christus sy •kerk.

EFESIËRS 5:29 CAB23 (Contemporary Afrikaans Bible 2023)

Want niemand het nog ooit sy eie vlees gehaat nie; maar voed en koester dit, net soos die Here die gemeente.

EFESIËRS 5:29 DB (Die Boodskap)

Ek het nog nie van iemand gehoor wat homself vurig haat nie. Nee, hy kyk liewer na homself en versorg homself mooi.

EFESIËRS 5:29 NLV (Nuwe Lewende Vertaling)

’n Mens haat mos nie jou liggaam nie, maar voed en versorg dit. Christus maak net so met ons, die kerk