EFESIËRS 5:27
EFESIËRS 5:27 Bybel vir almal (ABA)
Christus het gesterf sodat die kerk sy bruid kan wees, 'n bruid wat baie mooi is. Christus wou hê die gelowiges moet niks sonde doen nie en hulle moet heeltemal reg lewe.
EFESIËRS 5:27 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
sodat Hy die gemeente voor Hom kon stel, verheerlik, sonder vlek of rimpel of iets dergeliks; maar dat dit heilig en sonder gebrek sou wees.
EFESIËRS 5:27 Afrikaans 1983 (AFR83)
sodat Hy die kerk in volle heerlikheid by Hom kan neem, sonder vlek of rimpel of iets dergeliks, heilig en onberispelik.
EFESIËRS 5:27 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Dit het Hy gedoen, sodat Hy vir Homself die kerk in heerlikheid daar kan stel, sonder vlek of rimpel of enigiets dergeliks, heilig en sonder smet.
EFESIËRS 5:27 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
sodat hy dit vir homself 'n heerlike gemeente kan stel, sonder vlek of rimpel of iets dergeliks; maar dat dit heilig en sonder gebrek moet wees.