EFESIËRS 5:15 - Compare All Versions

EFESIËRS 5:15 ABA (Bybel vir almal)

Daarom moet julle seker wees dat julle reg lewe. Julle moet die regte dinge doen en sê. Julle moenie verkeerde dinge doen en sê nie.

EFESIËRS 5:15 AFR53 (Afrikaans 1933/1953)

Pas dan op dat julle nougeset wandel, nie as onwyse nie, maar as wyse

EFESIËRS 5:15 AFR83 (Afrikaans 1983)

Wees baie versigtig hoe julle lewe: nie soos onverstandige mense nie, maar soos verstandiges.

EFESIËRS 5:15 AFR20 (Die Bybel 2020-vertaling)

Let daarom sorgvuldig op hoe julle leef – nie as onverstandiges nie, maar as wyses.

EFESIËRS 5:15 CAB23 (Contemporary Afrikaans Bible 2023)

Pas dan op dat julle nougeset wandel, nie as dwase nie, maar as wyse

EFESIËRS 5:15 DB (Die Boodskap)

Wees baie versigtig hoe julle leef. Leef soos mense wat weet wat God van ’n sinvolle lewe verwag en nie soos mense wat niks daarvan weet nie.

EFESIËRS 5:15 NLV (Nuwe Lewende Vertaling)

Wees dus baie versigtig hoe julle lewe. Moenie soos dwase mense leef nie, leef wys!