EFESIËRS 5:1,20 - Compare All Versions
EFESIËRS 5:1 ABA (Bybel vir almal)
Ja, julle moet doen soos God doen, want julle is sy kinders, Hy is lief vir julle.
Efesiërs 5:20 ABA (Bybel vir almal)
Julle behoort aan ons Here Jesus Christus en julle moet altyd vir God ons Vader dankie sê vir alles.
EFESIËRS 5:1 AFR53 (Afrikaans 1933/1953)
WEES dan navolgers van God soos geliefde kinders
EFÉSIËRS 5:20 AFR53 (Afrikaans 1933/1953)
terwyl julle God die Vader altyd vir alles dank in die Naam van onse Here Jesus Christus
EFESIËRS 5:1 AFR83 (Afrikaans 1983)
Omdat julle kinders van God is en Hy julle liefhet, moet julle sy voorbeeld volg.
EFESIËRS 5:20 AFR83 (Afrikaans 1983)
Dank God die Vader altyd oor alles in die Naam van ons Here Jesus Christus.
EFESIËRS 5:1 AFR20 (Die Bybel 2020-vertaling)
Volg dan die voorbeeld van God as geliefde kinders
Efesiërs 5:20 AFR20 (Die Bybel 2020-vertaling)
en God die Vader altyd oor alles in die Naam van ons Here Jesus •Christus dank.
EFESIËRS 5:1 CAB23 (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
Wees dan navolgers van God, soos dierbare kinders
Efesiërs Efesiërs 5:20 CAB23 (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
Dank God en die Vader altyd oor alles in die Naam van onse Here Jesus Christus
EFESIËRS 5:1 DB (Die Boodskap)
Maak soos God gemaak het, want so maak kinders wat ’n liefdevolle Vader het. Elke dingetjie wat jy doen, moet van liefde straal. Dit is mos die voorbeeld wat Christus vir julle gegee het.
Efesiërs 5:20 DB (Die Boodskap)
Moenie vergeet om altyd vir God, die Vader, baie dankie te sê vir alles nie. Doen dit omdat julle aan Jesus Christus behoort en Hy julle in staat gestel het om dit te doen.
EFESIËRS 5:1 NLV (Nuwe Lewende Vertaling)
Omdat julle God se kinders is wat Hy liefhet, moet julle sy voorbeeld volg.
EFESIËRS 5:20 NLV (Nuwe Lewende Vertaling)
Sê altyd in die Naam van ons Here Jesus Christus vir God die Vader dankie vir alle dinge.