EFESIËRS 4:31-32
EFESIËRS 4:31-32 Bybel vir almal (ABA)
Julle moenie ander mense haat en net die slegte dinge onthou wat hulle gedoen het nie. Julle moenie kwaad word of mense straf of vir hulle skree of lelike dinge van hulle sê nie. Julle moet niks doen wat sleg is nie. Julle moet vriendelik wees met mekaar. Julle moet jammer wees vir mekaar en julle moet vir mekaar help. Christus het gesterf en God het julle vergewe. Daarom moet julle mekaar ook so vergewe.
EFESIËRS 4:31-32 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
Alle bitterheid en woede en toorn en geskreeu en lastering moet van julle verwyder word, saam met alle boosheid. Maar wees vriendelik en vol ontferming teenoor mekaar; vergeef mekaar soos God ook in Christus julle vergewe het.
EFESIËRS 4:31-32 Afrikaans 1983 (AFR83)
Moet nooit verbitter of opvlieënd wees of woedend word nie; moenie vloek of skel nie; moet niks doen wat sleg is nie. Wees goedgesind en hartlik teenoor mekaar, en vergewe mekaar soos God julle ook in Christus vergewe het.
EFESIËRS 4:31-32 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Laat vaar alle bitterheid en woede en gramskap en geskreeu en gelaster, saam met elke vorm van kwaad. Wees goedgesind teenoor mekaar, met innige meelewing, terwyl julle mekaar vergewe, soos God in •Christus julle ook vergewe het.
EFESIËRS 4:31-32 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
Laat alle bitterheid en toorn geskreeu en slegte woorde van julle verwyder word, met alle boosheid; En wees vriendelik teenoor mekaar, teerhartig, en vergewe mekaar, soos God julle om Christus ontwil vergewe het.
EFESIËRS 4:31-32 Die Boodskap (DB)
Moenie toelaat dat julle bitter word nie. Beteuel jou humeur en as jy dalk jou humeur verloor, moet jy nie kwaad bly nie. Moenie mekaar vloek of lelike dinge vir mekaar sê nie. Moet ook nie iets doen wat vir ’n ander een sleg is nie. Behandel mekaar mooi en goed. Laat dit vir ander lekker wees om by julle te wees. Sien mekaar se foute oor net soos God julle foute oorgesien het omdat julle Jesus s’n is.