EFESIËRS 4:30
EFESIËRS 4:30 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)
Ja, moenie God se Heilige Gees hartseer maak nie. In julle eenheidsband met die Heilige Gees lê julle waarborg dat julle God se verlossingsdag sal belewe.
EFESIËRS 4:30 Bybel vir almal (ABA)
Julle moenie die Heilige Gees van God hartseer maak nie. Die Heilige Gees wys dat julle aan God behoort en dat God julle eendag heeltemal vry sal maak.
EFESIËRS 4:30 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
En bedroef nie die Heilige Gees van God nie, deur wie julle verseël is tot die dag van verlossing.
EFESIËRS 4:30 Afrikaans 1983 (AFR83)
En moenie die Heilige Gees van God bedroef nie, want Hy het julle as die eiendom van God beseël met die oog op die verlossingsdag.
EFESIËRS 4:30 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
En bedroef nie die Heilige Gees van God, deur wie julle met die oog op die dag van bevryding verseël is nie.