EFESIËRS 4:11
EFESIËRS 4:11 Bybel vir almal (ABA)
En Christus het vir ons presente, genadegawes, gegee. Die genadegawes is die apostels, die profete, en die leiers wat die goeie boodskap bring of vir die gelowiges sorg of vir hulle leer.
EFESIËRS 4:11 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
En Hy het gegee sommige as apostels, ander as profete, ander as evangeliste, ander as herders en leraars
EFESIËRS 4:11 Afrikaans 1983 (AFR83)
En dít is die “gawes” wat Hy “gegee het”: apostels, profete, evangeliste, en herders en leraars.
EFESIËRS 4:11 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
En Hy het sommige as •apostels, ander as profete, ander as evangeliste, en ander as herders en leraars gegee
EFESIËRS 4:11 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
En Hy het sommige gegee, apostels; en sommige profete; en sommige, evangeliste; en sommige, pastore en leraars
EFESIËRS 4:11 Die Boodskap (DB)
Hierdie Christus het vir ons spesiale dinge gegee om in die gemeente te doen. Nie elkeen van ons het dieselfde gekry om te doen nie. Party van ons het Hy gestuur om sy boodskap op ander plekke te gaan verkondig, terwyl ander weer die gawe gekry het om spesiale boodskappe aan die gemeente self oor te dra. Dan is daar ook party wat die boodskap oor Jesus mooi vir mense kan verduidelik, ander wat mense kan help en lei as hulle hulp nodig het en ander wat soos goeie onderwysers mense stap vir stap kan leer wat die boodskap van God alles behels.