EFESIËRS 3:21
EFESIËRS 3:20-21 Bybel vir almal (ABA)
Ja, die kerk, almal wat aan Christus Jesus behoort, moet vir God prys, want God is baie sterk. En Hy gebruik sy krag in ons. Hy kan baie meer doen as wat ons dink of vir Hom vra. Almal moet Hom, ons Koning, altyd prys. Amen.
EFESIËRS 3:21 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
aan Hom die heerlikheid in die gemeente in Christus Jesus deur alle geslagte tot in ewigheid! Amen.
EFESIËRS 3:21 Afrikaans 1983 (AFR83)
aan Hom kom die eer toe, in die kerk, deur ons verbondenheid met Christus Jesus, deur al die geslagte heen tot in alle ewigheid. Amen.
EFESIËRS 3:21 Die Boodskap (DB)
Hy verdien daarom al die eer wat die kerk het om te gee, veral as ons dink aan wat Christus Jesus vir ons gedoen het. Almal moet Hom so eer, nou, môre en tot in ewigheid. Mag dit so wees.