EFESIËRS 3:19-21 - Vergelyk alle weergawes | YouVersion
EFESIËRS 3:19-21 AFR83 (Afrikaans 1983)
Mag julle sy liefde ken, liefde wat ons verstand te bowe gaan, en mag julle heeltemal vervul word met die volheid van God. Aan Hom wat deur sy krag wat in ons werk, magtig is om oneindig meer te doen as wat ons bid of dink, aan Hom kom die eer toe, in die kerk, deur ons verbondenheid met Christus Jesus, deur al die geslagte heen tot in alle ewigheid. Amen.
EFESIËRS 3:19-21 AFR53 (Afrikaans 1933/1953)
en die liefde van Christus te ken wat die kennis oortref, sodat julle vervul kan word tot al die volheid van God. En aan Hom wat mag het om te doen ver bo alles wat ons bid of dink, volgens die krag wat in ons werk, aan Hom die heerlikheid in die gemeente in Christus Jesus deur alle geslagte tot in ewigheid! Amen.
EFESIËRS 3:19-21 NLV (Nuwe Lewende Vertaling)
Dan sal julle Christus se liefde, wat alle verstand te bowe gaan, beleef. Mag julle heeltemal met die volheid van God vervul word. Hy moet geprys word – Hy wat mag het om deur die krag wat in ons werk, oneindig meer te doen as wat ons vra of dink om te vra. Die kerk wat aan Christus Jesus verbind is, moet Hom prys deur al die geslagte heen tot in alle ewigheid! Amen.
EFESIËRS 3:19-21 DB (Die Boodskap)
Mag God julle lewens met sy teenwoordigheid oorspoel sodat daar nie ’n stukkie van julle lewens is wat nie deur God se teenwoordigheid geraak word nie. God is so magtig en sterk. Juis met daardie krag werk Hy ook in ons. Hy kan en het dinge vir ons gedoen waarvan ons nie eens kon droom nie. Hy verdien daarom al die eer wat die kerk het om te gee, veral as ons dink aan wat Christus Jesus vir ons gedoen het. Almal moet Hom so eer, nou, môre en tot in ewigheid. Mag dit so wees.
EFESIËRS 3:19-21 ABA (Bybel vir almal)
Julle kan seker wees dat Christus lief is vir julle, baie meer as wat julle besef. Dan sal julle presies wees soos God wil hê julle moet wees. Ja, die kerk, almal wat aan Christus Jesus behoort, moet vir God prys, want God is baie sterk. En Hy gebruik sy krag in ons. Hy kan baie meer doen as wat ons dink of vir Hom vra. Almal moet Hom, ons Koning, altyd prys. Amen.
EFESIËRS 3:19-21 AFR20 (Die Bybel 2020-vertaling)
ja, om die liefde van Christus te leer ken, wat alle begrip te bowe gaan, sodat julle gevul mag word met al die volheid van God. Aan Hom, wat deur sy krag wat in ons werk, die mag het om oneindig meer te doen as alles wat ons bid of dink, aan Hom kom toe die heerlikheid in die •kerk en in •Christus Jesus, deur alle geslagte heen, vir ewig en ewig. •Amen.
EFESIËRS 3:19-21 CAB23 (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
En om die liefde van Christus te ken, wat die kennis te bowe gaan, sodat julle vervul kan word met al die volheid van God. En aan Hom wat magtig is om meer te doen as alles wat ons bid of dink, volgens die krag wat in ons werk, Aan Hom kom die heerlikheid toe in die gemeente deur Christus Jesus deur alle eeue heen, wêreld sonder einde. Amen.