EFESIËRS 2:21-22 - Compare All Versions

EFESIËRS 2:21-22 ABA (Bybel vir almal)

Hy, Christus, hou die hele gebou regop en Hy maak dit sterk. Hy, die Here, laat die kerk groei en Hy maak dit 'n tempel wat aan die Here behoort. Christus het die Heilige Gees gestuur, en die Heilige Gees maak julle 'n deel van hierdie gebou, die gebou wat die woonplek van God is.

EFESIËRS 2:21-22 AFR53 (Afrikaans 1933/1953)

in wie die hele gebou, goed saamgevoeg, verrys tot 'n heilige tempel in die Here, in wie julle ook saam opgebou word tot 'n woning van God in die Gees.

EFESIËRS 2:21-22 AFR83 (Afrikaans 1983)

In Hom sluit die hele gebou saam en verrys dit tot 'n heilige tempel vir die Here, in wie julle ook saam opgebou word as 'n geestelike huis waarin God woon.

EFESIËRS 2:21-22 AFR20 (Die Bybel 2020-vertaling)

In Hom verrys die hele gebou, goed saamgevoeg, tot 'n heilige tempel in die Here. In Hom word julle ook saam opgebou tot woonplek van God deur die Gees.

EFESIËRS 2:21-22 CAB23 (Contemporary Afrikaans Bible 2023)

In wie die hele gebou, goed saamgevoeg, uitgroei tot 'n heilige tempel in die Here. In wie julle ook saam opgebou is tot 'n woning van God deur die Gees.

EFESIËRS 2:21-22 DB (Die Boodskap)

Dit is soos ’n spesiale huis net vir God. Elkeen van julle wat Jesus s’n is, is deel van hierdie gebou. En God self woon in julle gebou omdat sy Gees in julle is.

EFESIËRS 2:21-22 NLV (Nuwe Lewende Vertaling)

op wie die hele gebou, terwyl dit kunstig inmekaargepas word, verrys tot ’n tempel wat aan die Here toegewy is. Deur julle verhouding met Hom word ook julle saam opgebou tot ’n gebou waarin God deur sy Gees woon.