EFESIËRS 1:5
EFESIËRS 1:5 Bybel vir almal (ABA)
Voordat God die wêreld gemaak het, het Hy besluit dat ons sy kinders moet wees. Hy het vir Jesus Christus gestuur sodat ons God se kinders kon word. God wou graag hê ons moet sy kinders wees.
EFESIËRS 1:5 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
deurdat Hy ons voorbeskik het om ons as sy kinders vir Homself aan te neem deur Jesus Christus, na die welbehae van sy wil
EFESIËRS 1:5 Afrikaans 1983 (AFR83)
In sy liefde het Hy ons, volgens sy genadige beskikking, toe ook al daarvoor bestem om deur Jesus Christus sy kinders te wees.
EFESIËRS 1:5 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
nadat Hy ons voorbestem het om ons deur Jesus Christus as sy kinders aan te neem, soos Hy dit volgens sy wil goedgedink het
EFESIËRS 1:5 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
Ons het ons voorbeskik tot die aanneming van kinders deur Jesus Christus vir Homself, volgens die welbehae van sy wil
EFESIËRS 1:5 Die Boodskap (DB)
Dit alles het Hy uit liefde gedoen. Ja, Hy het vooraf besluit om ons sy eie kinders te maak. Hy het besluit om dit te doen om geen ander rede as dat Hy dit graag vir ons wou doen nie. En dit is nie sommer net ’n storie nie - Jesus Christus het kom sorg dat dit regtig gebeur.