EFESIËRS 1:21
EFESIËRS 1:21 Afrikaans 1983 (AFR83)
hoog bo elke mag en gesag, elke krag en heerskappy, en wat daar ook al sprake van mag wees, nie net in hierdie bedeling nie, maar ook in die bedeling wat kom.
EFESIËRS 1:21 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
bo elke owerheid en gesag en mag en heerser, ja, bo enige naam wat genoem kan word, nie alleen in hierdie bedeling nie, maar ook in die toekomstige.
EFESIËRS 1:21 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
Ver bo alle owerheid en mag en mag en heerskappy en elke naam wat genoem word, nie alleen in hierdie wêreld nie, maar ook in die wat kom.
EFESIËRS 1:19-21 Die Boodskap (DB)
Verder bid ek ook dat julle sal agterkom dat die krag van God wat in ons werk sterker as enigiets anders is. Ons het gesien hoe geweldig daardie krag regtig is toe God Jesus uit die dood laat opstaan en vir Hom die belangrikste plek in die hemel gegee het. Daardie selfde krag werk ook in ons as Christene. Nou regeer Jesus natuurlik oor al wat mag of regeerder of koning is. Niemand, ek herhaal, niemand en niks sal ooit belangriker of sterker as Jesus kan wees nie; nie nou nie en ook nie in die toekoms nie.
EFESIËRS 1:21 Bybel vir almal (ABA)
Christus is belangriker as almal en alles wat oor die wêreld wil regeer, belangriker as enige iets waaraan 'n mens kan dink, nou of in die tyd wat kom.