EFESIËRS 1:20
EFESIËRS 1:20 Bybel vir almal (ABA)
Dit is dieselfde sterk krag wat God gebruik het toe Hy vir Christus weer laat lewe het en Hom laat sit het op die belangrikste plek by Hom in die hemel.
EFESIËRS 1:20 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
wat Hy gewerk het in Christus toe Hy Hom uit die dode opgewek het en Hom laat sit het aan sy regterhand in die hemele
EFESIËRS 1:20 Afrikaans 1983 (AFR83)
wat Hy uitgeoefen het toe Hy Christus uit die dood opgewek en Hom in die hemel aan sy regterhand laat sit het
EFESIËRS 1:20 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
wat Hy uitgeoefen het in Christus, toe Hy Hom uit die dood opgewek het, en Hom laat sit het aan sy regterhand in die hemele
EFESIËRS 1:20 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
wat Hy in Christus bewerk het toe Hy Hom uit die dode opgewek en Hom aan sy regterhand in die hemele gestel het
EFESIËRS 1:19-21 Die Boodskap (DB)
Verder bid ek ook dat julle sal agterkom dat die krag van God wat in ons werk sterker as enigiets anders is. Ons het gesien hoe geweldig daardie krag regtig is toe God Jesus uit die dood laat opstaan en vir Hom die belangrikste plek in die hemel gegee het. Daardie selfde krag werk ook in ons as Christene. Nou regeer Jesus natuurlik oor al wat mag of regeerder of koning is. Niemand, ek herhaal, niemand en niks sal ooit belangriker of sterker as Jesus kan wees nie; nie nou nie en ook nie in die toekoms nie.