EFESIËRS 1:14
EFESIËRS 1:14 Bybel vir almal (ABA)
Ja, ons het die Heilige Gees, en daarom weet ons God sal vir ons alles gee wat Hy vir ons belowe het. Hy sal ons heeltemal vrymaak, ons wat aan Hom behoort. Daarom moet ons vir God, ons Koning, prys!
EFESIËRS 1:14 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
wat die onderpand is van ons erfdeel om sy eiendom te verlos tot lof van sy heerlikheid.
EFESIËRS 1:14 Afrikaans 1983 (AFR83)
Die Heilige Gees is die waarborg dat ons ook verder sal ontvang wat God belowe het, wanneer Hy almal wat aan Hom behoort, volkome sal verlos. Daarom moet ons sy grootheid prys.
EFESIËRS 1:14 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Die Gees is die waarborg van ons erfenis, om ons los te koop as God se eiendom, tot lof van sy heerlikheid.
EFESIËRS 1:14 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
Dit is die eer van ons erfdeel tot die verlossing van die gekoopte besitting, tot lof van sy heerlikheid.
EFESIËRS 1:14 Die Boodskap (DB)
Die Gees is soos ’n merk wat God julle laat dra om te wys dat elkeen wat Jesus s’n is, ook Syne is. Meer nog, die Gees is ook ons bewys dat God begin het om vir ons alles te gee wat Hy ons beloof het. Die Gees is maar die begin van dit wat God eendag alles vir ons gaan gee. Hy gaan elkeen wat Syne is heeltemal vrymaak. Laat ons vir almal vertel hoe groot God is.