EFESIËRS 1:12
EFESIËRS 1:12 Die Boodskap (DB)
Ons was mos die eerste mense wat alles aanvaar het wat Jesus beloof het en wat seker weet dat ons dit gaan kry. God wil hê dat juis ons vir almal moet wys en vertel hoe groot en belangrik Hy regtig is.
EFESIËRS 1:12 Bybel vir almal (ABA)
God het dit gedoen, want Hy wou hê dat ons Hom, die Koning, moet prys, ons wat eerste begin glo het en seker is dat Christus ons sal red.
EFESIËRS 1:12 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
sodat ons kan wees tot lof van sy heerlikheid, ons wat reeds tevore op Christus gehoop het
EFESIËRS 1:12 Afrikaans 1983 (AFR83)
Daarom moet ons, die eerstes wat ons hoop op Christus gestel het, die grootheid van God prys.
EFESIËRS 1:12 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
sodat ons, wat van die begin af ons hoop op Christus gevestig het, kan bestaan tot lof van sy heerlikheid.