EFESIËRS 1:11-12
EFESIËRS 1:11-12 Bybel vir almal (ABA)
God het lank gelede besluit dat ons aan Hom moet behoort, daarom het Hy vir Christus gestuur. En wanneer God besluit dat iets moet gebeur, dan gebeur dit. God het dit gedoen, want Hy wou hê dat ons Hom, die Koning, moet prys, ons wat eerste begin glo het en seker is dat Christus ons sal red.
EFESIËRS 1:11-12 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
in Hom in wie ons ook 'n erfdeel ontvang het nadat ons vantevore daartoe verordineer is ooreenkomstig die voorneme van Hom wat alles werk volgens die raad van sy wil, sodat ons kan wees tot lof van sy heerlikheid, ons wat reeds tevore op Christus gehoop het
EFESIËRS 1:11-12 Afrikaans 1983 (AFR83)
Deur Christus het ons deel geword van die volk van God soos Hy dit vooruit al bestem het. So het Hy Hom dit voorgeneem, Hy wat alles laat gebeur volgens sy raadsbesluit. Daarom moet ons, die eerstes wat ons hoop op Christus gestel het, die grootheid van God prys.
EFESIËRS 1:11-12 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
In Hom is ons ook as erfgename uitverkies, voorbestem volgens die voorneme van die Een wat alles volgens sy raad en wil laat gebeur, sodat ons, wat van die begin af ons hoop op Christus gevestig het, kan bestaan tot lof van sy heerlikheid.
EFESIËRS 1:11-12 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
In wie ons ook 'n erfdeel verkry het, deurdat ons voorbeskik is volgens die voorneme van Hom wat alles werk volgens die raad van sy wil; dat ons tot lof van sy heerlikheid moet wees, wat eerste op Christus vertrou het.
EFESIËRS 1:11-12 Die Boodskap (DB)
God het almal wat aan Jesus behoort, gekies om Syne te wees. Dat dit so moet wees, het Hy lankal besluit en Hy laat altyd alles gebeur soos Hy dit wil hê. Ons was mos die eerste mense wat alles aanvaar het wat Jesus beloof het en wat seker weet dat ons dit gaan kry. God wil hê dat juis ons vir almal moet wys en vertel hoe groot en belangrik Hy regtig is.
EFESIËRS 1:11-12 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)
Deur wat Christus gedoen het, het ons ook deel van God se eie erfdeel geword. Ons was vooraf daartoe bestem! Dit was God se doel! Hy het alles laat uitwerk soos Hy dit beplan en wou gehad het. Die gevolg is dat God se grootheid deur ons bestaan verheerlik word. Ons was die eerstes wat ons hoop op Christus geplaas het.