PREDIKER 9:16
PREDIKER 9:16 Bybel vir almal (ABA)
Ek het toe gesê: Dit is beter om wysheid te hê as om sterk te wees. Maar mense dink 'n arm mens se wysheid is nie belangrik nie, en hulle luister nie wanneer hy praat nie.
PREDIKER 9:16 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
Toe het ek gesê: Wysheid is beter as heldekrag; maar die wysheid van die arme word verag, en na sy woorde word nie geluister nie.
PREDIKER 9:16 Afrikaans 1983 (AFR83)
Toe het ek gesê: Wysheid is wel beter as krag, maar die wysheid van die arme word geminag, en niemand luister na wat hy sê nie.
PREDIKER 9:16 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Toe het ek gesê: Wysheid is beter as krag; maar die wysheid van die arme word verag, en na sy woorde word nie geluister nie.
PREDIKER 9:16 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
Toe sê ek: Wysheid is beter as krag; nogtans word die wysheid van die arm man verag, en sy woorde word nie gehoor nie.