PREDIKER 9:15
PREDIKER 9:15 Bybel vir almal (ABA)
Daar was 'n arm man in die stad, die man het wysheid gehad. Hy het sy wysheid gebruik om die stad te red. Maar niemand het daardie arm man onthou nie.
PREDIKER 9:15 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
En daarin is 'n arm wyse man gevind; dié het die stad deur sy wysheid gered, maar geen mens het aan daardie arm man gedink nie.
PREDIKER 9:15 Afrikaans 1983 (AFR83)
In die stad was 'n arm man met baie wysheid, en hy het die stad deur sy wysheid gered. Maar niemand het die arm man onthou nie.
PREDIKER 9:15 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
'n Arm, wyse man het hom in die stad bevind. Dié man het die stad deur sy wysheid gered, tog het niemand daardie arm man onthou nie.
PREDIKER 9:15 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
En daar is 'n arm wyse man daarin gevind, en hy het die stad deur sy wysheid gered; tog het niemand daardie selfde arme man onthou nie.