PREDIKER 5:18
PREDIKER 5:18 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
Ook vir elke mens aan wie God rykdom en skatte gegee het, en wat Hy in staat stel om daarvan te eet en sy deel te neem en hom te verheug by sy moeitevolle arbeid, is dit 'n gawe van God.
PREDIKER 5:18 Die Boodskap (DB)
Wanneer God die mens rykdom gee en hom boonop toelaat om dit te geniet en hom vreugde tussen al die swaarkry hier op aarde gee, is dit ’n spesiale geskenk van God.
PREDIKER 5:18 Bybel vir almal (ABA)
Wanneer God 'n mens ryk laat word en dit goed laat gaan met hom, en die mens kan eet en daarvan gebruik en hy kan die dinge geniet waarvoor hy hard gewerk het, dan is dit 'n present van God.
PREDIKER 5:18 Afrikaans 1983 (AFR83)
God gee aan 'n mens rykdom en besittings en laat hom dit geniet. God laat die mens sy deel ontvang en sy werk met vreugde doen. Dit is 'n gawe van God.
PREDIKER 5:18 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
boonop, dit geld vir elke mens aan wie God rykdom en besittings gee en vir wie Hy die geleentheid gee om daarvan te geniet, om dit as sy beloning te ontvang en vrolik te wees by sy inspanning. Dit is 'n gawe van God.