YouVersion embleem
BybelLeesplanneVideo's
Kry die toep
Taalkieser
Soek-ikoon

PREDIKER 5:10

PREDIKER 5:10 Bybel vir almal (ABA)

Wanneer jou goed baie word, dan word die mense wat kom eet, ook baie, en die persoon wat die baie goed het, kan net kyk hoe hulle eet, hy kan niks anders doen nie.

Deel
Lees PREDIKER 5

PREDIKER 5:10 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)

As die goed baie word, word die eters baie; watter voordeel het die besitter dan daarvan, behalwe dat sy oë dit aanskou?

Deel
Lees PREDIKER 5

PREDIKER 5:10 Afrikaans 1983 (AFR83)

As die goeie dinge van die lewe baie word, word die eters ook baie; al wat die eienaar daaraan het, is om dit te aanskou.

Deel
Lees PREDIKER 5

PREDIKER 5:10 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)

Wanneer iemand se voorspoed toeneem, word dié wat dit verbruik meer. Wat is die wins vir die besitter daarvan behalwe dat sy oë dit aanskou?

Deel
Lees PREDIKER 5

PREDIKER 5:10 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)

Hy wat silwer liefhet, sal nie versadig word van silwer nie; ook nie hy wat oorvloed liefhet met aanwas nie: dit is ook nietigheid.

Deel
Lees PREDIKER 5

PREDIKER 5:10 Die Boodskap (DB)

Hoe ryker jy is, hoe meer mense moet jy kos gee. En watter sin het al jou geld dan? Jy sien dit net, maar geniet dit nooit nie.

Deel
Lees PREDIKER 5

PREDIKER 5:10 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)

Hoe meer jy besit, hoe meer word die eters wat jou help om dit te spandeer. Al voordeel wat jou rykdom vir jou inhou, is om te sien hoe dit deur jou vingers glip.

Deel
Lees PREDIKER 5
YouVersion

Moedig jou aan en daag jou uit om elke dag intimiteit met God op te soek.

Bediening

Iets oor ons

Loopbane

Vrywilliger

Webjoernaal

Media

Nuttige skakels

Hulp

Skenk

Bybelweergawes

Klankbybels

Bybeltale

Vers-van-die-dag


'n Digitale bediening van

Life.Church
English (US)

©2025 Life.Church / YouVersion

PrivaatheidsbeleidVoorwaardes
Program vir die openbaarmaking van kwesbaarheid
FacebookTwitterInstagramYouTubePinterest

Tuisblad

Bybel

Leesplanne

Video's