PREDIKER 4:8
PREDIKER 4:8 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Daar is iemand alleen, sonder 'n tweede; hy het nie eers 'n seun of broer nie, maar daar is geen einde aan al sy inspanning nie; sy oë raak nie versadig van rykdom nie. Vir wie vermoei ek my en ontsê ek myself die goeie? Ook dit is sinloos en 'n slegte saak.
PREDIKER 4:8 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
Daar is een alleen, en daar is nie 'n tweede nie; ja, hy het geen kind of broer nie; tog is daar geen einde aan al sy arbeid nie; en sy oog word nie versadig van rykdom nie; en hy sê nie: Vir wie arbei ek my en beroof ek my siel van die goeie? Dit is ook nietigheid, ja, dit is 'n seer moeite.
PREDIKER 4:8 Bybel vir almal (ABA)
Iemand is miskien alleen en hy het ook nie kinders of broers nie, maar hy hou aan om hard te werk en hy is nooit tevrede met alles wat hy het nie. Hy sal later dink: Vir wie het ek so hard gewerk? Hoekom het ek self so min van alles gebruik? Ook dít is nie soos dit moet wees nie, dit is 'n baie slegte ding.
PREDIKER 4:8 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
Daar is een allenig sonder 'n tweede, ook het hy geen seun of broer nie; tog is daar geen einde aan al sy moeitevolle arbeid nie, sy oë kry ook nie genoeg van rykdom nie. Vir wie tog vermoei ek my en laat my siel gebrek ly aan die goeie? Ook dit is tevergeefs en 'n verkeerde saak.
PREDIKER 4:8 Afrikaans 1983 (AFR83)
daar was 'n man wat alleen was, sonder seun of broer. Tog was daar nie 'n einde aan al sy inspanning nie en was hy steeds op soek na meer rykdom. Hy moes later sê: “Vir wie sloof ek my af en ontsê ek my die aangename dinge?” Ook hier kom dit tot niks. Dit bly 'n harde saak.
PREDIKER 4:8 Die Boodskap (DB)
En dit is ’n man wat ongetroud is en geen seun of broer het nie. Elke dag werk hy hard. Alles wat hy sien, koop hy vir homself. Vir wie sloof hy hom nou af? Wie gaan alles geniet wat hy bymekaarmaak? Die lewe is sinloos, absoluut sinloos.
PREDIKER 4:8 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)
Daar is iemand wat heeltemal alleen is, boonop sonder seun of broer. Tog is daar geen einde aan al sy moeite nie en word sy oë nie versadig met rykdom nie. Hy moet later sê: “Vir wat werk ek so hard en ontsê ek my alle plesier?” Dit alles is sinloos en ’n slegte taak.