PREDIKER 4:15
PREDIKER 4:15 Bybel vir almal (ABA)
Ek het gesien dat al die mense in hierdie wêreld kies om saam te gaan met die jongman wat koning geword het in die ou koning se plek.
PREDIKER 4:15 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
Ek het gesien hoe al die lewendes wat onder die son wandel, aan die kant van die jongman was, van die tweede, wat sy opvolger sou word
PREDIKER 4:15 Afrikaans 1983 (AFR83)
Ek het gesien dat al wat lewe in hierdie wêreld hulle skaar aan die kant van die jongman wat die koning se plek ingeneem het.
PREDIKER 4:15 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Ek het gesien dat almal wat leef, wat onder die son beweeg, die tweede jong man wat in sy plek gekom het, volg.
PREDIKER 4:15 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
Ek het gelet op al die lewendes wat onder die son wandel, met die tweede kind wat in sy plek sal opstaan.