PREDIKER 4:12 – Vergelyk alle weergawes
PREDIKER 4:12 AFR83 (Afrikaans 1983)
Een alleen kan oorweldig word, twee saam kan weerstand bied. 'n Driedubbele tou breek nie maklik nie.
PREDIKER 4:12 AFR53 (Afrikaans 1933/1953)
En as iemand die een aanval, kan altwee hom teëstand bied; en 'n driedubbele lyn word nie gou verbreek nie.
PREDIKER 4:12 NLV (Nuwe Lewende Vertaling)
Iemand kan die een aanval, maar die twee kan weerstand bied. ’n Driedubbele tou breek nie maklik nie.
PREDIKER 4:12 DB (Die Boodskap)
Een word maklik oorwin, maar twee kan ’n aanval keer. Om nie eens van drie te praat nie. ’n Driedubbele tou breek tog nie maklik nie.
PREDIKER 4:12 ABA (Bybel vir almal)
Iemand kan een persoon aanval en hom oorwin, maar hy kan nie twee persone oorwin nie. Dit is soos wanneer 'n mens drie toue neem en een dik tou daarvan maak, daardie tou sal nie maklik breek nie.
PREDIKER 4:12 AFR20 (Die Bybel 2020-vertaling)
As iemand die een wil oorweldig – twee kan teen hom standhou. 'n Driedubbele koord word nie maklik gebreek nie.
PREDIKER 4:12 CAB23 (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
En as een hom oorwin, sal twee hom teëstaan; en 'n drievoudige tou word nie gou gebreek nie.