PREDIKER 4:1
PREDIKER 4:1 Bybel vir almal (ABA)
Ek het ook gesien dat daar in hierdie wêreld baie mense is wat ander mense laat swaarkry. Ek het gehoor hoe huil die mense wat verdruk word. Daar was niemand wat vir hulle gehelp het nie. Die mense wat hulle verdruk het, was sterk, en daar was niemand wat vir die mense gehelp het wat verdruk word nie.
PREDIKER 4:1 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
DAARNA weer het ek gesien al die verdrukkinge wat onder die son plaasvind, en kyk, daar was trane van verdruktes, en vir hulle was daar geen trooster nie; en aan die kant van hulle verdrukkers was mag, maar daar was vir hulle geen trooster nie.
PREDIKER 4:1 Afrikaans 1983 (AFR83)
Verder het ek ook nog al die verdrukking in hierdie wêreld gesien. Die verdruktes kla, maar niemand help hulle nie; daar is niemand wat help teen die geweld van die verdrukkers nie.
PREDIKER 4:1 Die Boodskap (DB)
Ek het weer rondom my gekyk en al die slegte dinge raakgesien wat op aarde gebeur. Mense wat deur ander mishandel en verdruk word, het gehuil, maar niemand het hulle getroos nie. Die onderdrukkers het die mag gehad, maar hulle lewe was ook sonder geluk of blydskap.