PREDIKER 3:14
PREDIKER 3:14 Bybel vir almal (ABA)
Ek weet nou dat alles wat God gemaak het, altyd daar sal wees. 'n Mens kan niks meer daarby sit nie en jy kan niks daarvan wegneem nie. God het dit so gedoen sodat almal Hom moet respekteer.
PREDIKER 3:14 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
Ek het ingesien dat alles wat God doen, vir ewig sal bestaan; daar kan niks bygevoeg en daar kan niks van weggeneem word nie; en God het dit so gemaak dat hulle moet vrees voor sy aangesig.
PREDIKER 3:14 Afrikaans 1983 (AFR83)
Ek het tot die insig gekom dat wat God doen, blywend is: jy kan daar niks byvoeg nie en jy kan daar niks van wegneem nie. God doen dit sodat die mens vir Hom ontsag sal hê.
PREDIKER 3:14 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Ek het besef dat alles wat God doen, vir altyd sal bestaan. Daaraan kan niks toegevoeg word nie, en daarvan kan niks weggeneem word nie. God het dit gedoen sodat hulle ontsag vir Hom sal hê.
PREDIKER 3:14 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
Ek weet dat alles wat God doen, dit vir ewig sal wees; niks kan daaraan gebring word en niks daarvan ontneem word nie; en God doen dit, sodat die mense voor Hom moet vrees.