PREDIKER 3:1-2
PREDIKER 3:1-2 Bybel vir almal (ABA)
Daar is 'n regte tyd vir alles, elke ding in hierdie wêreld gebeur op die regte tyd. Daar is 'n tyd om gebore te word en 'n tyd om te sterf, 'n tyd om te plant en 'n tyd om plante uit te trek.
PREDIKER 3:1-2 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
ALLES het sy bepaalde uur, en vir elke saak onder die hemel is daar 'n tyd: 'n tyd om gebore te word en 'n tyd om te sterwe, 'n tyd om te plant en 'n tyd om uit te roei wat geplant is
PREDIKER 3:1-2 Afrikaans 1983 (AFR83)
Elke ding het sy vaste tyd, elke ding in hierdie wêreld het sy tyd: daar is 'n tyd om gebore te word, 'n tyd om te sterwe, 'n tyd om te plant, 'n tyd om plante uit te trek
PREDIKER 3:1-2 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Vir alles is daar 'n vasgestelde tyd; daar is 'n tyd vir elke saak onder die hemel: 'n tyd om geboorte te gee en 'n tyd om te sterf; 'n tyd om te plant en 'n tyd om uit te trek wat geplant is
PREDIKER 3:1-2 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
Vir alles is daar 'n tyd en 'n tyd vir elke doel onder die hemel: 'n Tyd om gebore te word en 'n tyd om te sterwe; 'n tyd om te plant, en 'n tyd om te pluk wat geplant is