Die embleem van die Bybeltoep
Soek-ikoon

PREDIKER 2:18 - Vergelyk alle weergawes | YouVersion

PREDIKER 2:18 AFR83 (Afrikaans 1983)

Ek het alles gehaat waarmee ek my in hierdie wêreld met soveel sorg besig gehou het, want ek moet dit nalaat aan dié een wat ná my kom

PREDIKER 2:18 AFR53 (Afrikaans 1933/1953)

En ek het gehaat al my arbeid wat ek onder die son met moeite verrig het, dat ek dit moet oorlaat aan 'n mens wat ná my sal kom.

PREDIKER 2:18 NLV (Nuwe Lewende Vertaling)

Ek was moeg vir alles waarvoor ek in hierdie wêreld hard gewerk het, want ek moet dit alles nalaat aan die een wat ná my kom.

PREDIKER 2:18 DB (Die Boodskap)

Alles wat ek in my lewe bereik het, het ek begin verafsku omdat my opvolger die vrug daarvan gaan pluk.

PREDIKER 2:18 ABA (Bybel vir almal)

Ek het ook begin om al my harde werk in hierdie wêreld te haat, want iemand wat ná my lewe, sal alles kry waarvoor ek hard gewerk het.

PREDIKER 2:18 AFR20 (Die Bybel 2020-vertaling)

Ek het 'n weersin gekry in al die inspanning waarmee ek my onder die son afgesloof het – dat ek dit moet nalaat aan die een wat ná my kom.

PREDIKER 2:18 CAB23 (Contemporary Afrikaans Bible 2023)

Ja, ek het al my arbeid gehaat wat ek onder die son gedoen het, omdat ek dit sou oorlaat aan die man wat ná my sal wees.