PREDIKER 1:3 - Compare All Versions

PREDIKER 1:3 AFR83 (Afrikaans 1983)

Wat kry die mens vir sy geswoeg, sy geswoeg in hierdie wêreld?

PREDIKER 1:3 AFR53 (Afrikaans 1933/1953)

Watter voordeel het die mens van al sy moeite waarmee hy hom vermoei onder die son?

PREDIKER 1:3 NLV (Nuwe Lewende Vertaling)

Watter voordeel kry mense vir al hulle harde werk, hulle inspanning onder die son?

PREDIKER 1:3 DB (Die Boodskap)

Elke dag werk jy hard, maar wat kry jy van al jou gesukkel?

PREDIKER 1:3 ABA (Bybel vir almal)

'n Mens werk hard, maar wat kry hy vir alles wat hy doen? Wat kry hy vir alles wat hy in hierdie wêreld doen?

PREDIKER 1:3 AFR20 (Die Bybel 2020-vertaling)

Watter voordeel is daar vir 'n mens met al sy inspanning waarmee hy hom afsloof onder die son?

PREDIKER 1:3 CAB23 (Contemporary Afrikaans Bible 2023)

Watter baat het 'n man van al sy arbeid wat hy onder die son doen?