PREDIKER 1:1-3
PREDIKER 1:1-3 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)
Wat hier volg, is die woorde van die Prediker. Hy was ’n seun van Dawid en het in Jerusalem as koning regeer. “Alles is sinloos,” sê die Prediker. “Alles is sinloos, absoluut sinloos!” Watter voordeel kry mense vir al hulle harde werk, hulle inspanning onder die son?
PREDIKER 1:1-3 Bybel vir almal (ABA)
Hier is die dinge wat die Prediker gesê het. Hy was 'n seun van Dawid en hy was koning in Jerusalem. Die Prediker het gesê: Daar is niks wat is soos dit moet wees nie, niks is soos dit moet wees nie. 'n Mens werk hard, maar wat kry hy vir alles wat hy doen? Wat kry hy vir alles wat hy in hierdie wêreld doen?
PREDIKER 1:1-3 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
DIE woorde van die Prediker, die seun van Dawid, die koning in Jerusalem. Alles tevergeefs, sê die Prediker, alles tevergeefs, dit is alles tevergeefs! Watter voordeel het die mens van al sy moeite waarmee hy hom vermoei onder die son?
PREDIKER 1:1-3 Afrikaans 1983 (AFR83)
Woorde van die Prediker, seun van Dawid en koning in Jerusalem. Alles kom tot niks, sê die Prediker, tot niks. Wat kry die mens vir sy geswoeg, sy geswoeg in hierdie wêreld?
PREDIKER 1:1-3 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Die woorde van Prediker, seun van Dawid, koning in Jerusalem. Sinloos, volslae sinloos, sê Prediker, sinloos, volslae sinloos; alles is sinloos! Watter voordeel is daar vir 'n mens met al sy inspanning waarmee hy hom afsloof onder die son?
PREDIKER 1:1-3 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
Die woorde van die Prediker, die seun van Dawid, koning in Jerusalem. Nietigheid van nietighede, spreek die Prediker, ydelheid van nietighede; alles is nietigheid. Watter baat het 'n man van al sy arbeid wat hy onder die son doen?
PREDIKER 1:1-3 Die Boodskap (DB)
Hier volg die woorde van die Prediker, ’n seun van Dawid, die koning van Jerusalem. Alles is sinloos, sê die Prediker. Absoluut alles. Die lewe het geen sin nie. Alles loop uit op niks. Elke dag werk jy hard, maar wat kry jy van al jou gesukkel?
PREDIKER 1:1-3 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)
Wat hier volg, is die woorde van die Prediker. Hy was ’n seun van Dawid en het in Jerusalem as koning regeer. “Alles is sinloos,” sê die Prediker. “Alles is sinloos, absoluut sinloos!” Watter voordeel kry mense vir al hulle harde werk, hulle inspanning onder die son?