PREDIKER 1:1-2
PREDIKER 1:1-2 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)
Wat hier volg, is die woorde van die Prediker. Hy was ’n seun van Dawid en het in Jerusalem as koning regeer. “Alles is sinloos,” sê die Prediker. “Alles is sinloos, absoluut sinloos!”
PREDIKER 1:1-2 Bybel vir almal (ABA)
Hier is die dinge wat die Prediker gesê het. Hy was 'n seun van Dawid en hy was koning in Jerusalem. Die Prediker het gesê
PREDIKER 1:1-2 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
DIE woorde van die Prediker, die seun van Dawid, die koning in Jerusalem. Alles tevergeefs, sê die Prediker, alles tevergeefs, dit is alles tevergeefs!
PREDIKER 1:1-2 Afrikaans 1983 (AFR83)
Woorde van die Prediker, seun van Dawid en koning in Jerusalem. Alles kom tot niks, sê die Prediker, tot niks.
PREDIKER 1:1-2 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Die woorde van Prediker, seun van Dawid, koning in Jerusalem. Sinloos, volslae sinloos, sê Prediker, sinloos, volslae sinloos; alles is sinloos!
PREDIKER 1:1-2 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
Die woorde van die Prediker, die seun van Dawid, koning in Jerusalem. Nietigheid van nietighede, spreek die Prediker, ydelheid van nietighede; alles is nietigheid.