DEUTERONOMIUM 9:1
DEUTERONOMIUM 9:1 Bybel vir almal (ABA)
Moses het gesê: “Israeliete, julle moet luister! Julle gaan vandag deur die Jordaan-rivier om die land te gaan vat van volke wat groter en sterker is as julle. In daardie land is daar stede wat sterk en hoë mure het, die mure is so hoog soos die hemel.
DEUTERONOMIUM 9:1 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
HOOR, Israel, jy trek vandag deur die Jordaan om nasies in besit te gaan neem wat groter en sterker is as jy, stede wat groot en tot aan die hemel versterk is
DEUTERONOMIUM 9:1 Afrikaans 1983 (AFR83)
“Luister, Israel, jy gaan nou deur die Jordaanrivier trek om nasies te gaan verdryf wat groter en sterker is as jy en om groot stede wat met hoë mure versterk is, te gaan verower.
DEUTERONOMIUM 9:1 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
“ Luister, Israel! Jy trek vandag oor die Jordaan om nasies wat groter en magtiger is as jy te gaan verdryf. Daar is groot stede wat hemelhoog versterk is
DEUTERONOMIUM 9:1 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
Hoor, Israel, jy sal vandag deur die Jordaan trek, om in te gaan om nasies in besit te neem wat groter en magtiger is as jyself, stede groot en omhein tot aan die hemel