DEUTERONOMIUM 28:7
DEUTERONOMIUM 28:7 Bybel vir almal (ABA)
Hy sal julle vyande laat verloor wanneer hulle vir julle aanval. Hulle sal op een pad kom om julle aan te val, maar hulle sal op sewe paaie wegvlug van julle.
DEUTERONOMIUM 28:7 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
Die HERE sal maak dat jou vyande wat teen jou opstaan, voor jou verslaan word; op een pad sal hulle teen jou uittrek en op sewe paaie voor jou uit vlug.
DEUTERONOMIUM 28:7 Afrikaans 1983 (AFR83)
“Die Here sal jou vyande wat jou aanval, vir jou laat vlug. Hulle sal uit een rigting teen jou opruk, maar in talle rigtings voor jou uit vlug.
DEUTERONOMIUM 28:7 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Die HERE sal jou vyande wat teen jou opstaan, voor jou verslaan. Met een pad sal hulle teen jou uittrek en op sewe paaie sal hulle voor jou uit vlug.
DEUTERONOMIUM 28:7 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
Die HERE sal maak dat jou vyande wat teen jou opstaan, voor jou aangesig verslaan word; op een pad sal hulle teen jou uittrek en op sewe paaie voor jou uit vlug.