DEUTERONOMIUM 28:1
DEUTERONOMIUM 28:1 Bybel vir almal (ABA)
Moses het gesê: “As julle waarlik gehoorsaam is aan julle God die Here, as julle alles doen wat sy wette sê wat ek vandag vir julle gee, dan sal julle God die Here vir julle die belangrikste volk op die aarde maak.
DEUTERONOMIUM 28:1 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
AS jy dan goed luister na die stem van die HERE jou God om sorgvuldig te hou al sy gebooie wat ek jou vandag beveel, dan sal die HERE jou God jou die hoogste stel bo al die nasies van die aarde.
DEUTERONOMIUM 28:1 Afrikaans 1983 (AFR83)
“As jy goed luister na die Here jou God en jy gehoorsaam al sy gebooie wat ek jou vandag gee, en jy lewe daarvolgens, sal die Here jou God jou oor al die nasies van die aarde stel.
DEUTERONOMIUM 28:1 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
“ As jy aandagtig luister na die stem van die HERE jou God deur al sy gebooie wat ek vandag vir jou voorskryf, nougeset na te kom, sal die HERE jou God jou verhoog bo al die nasies van die aarde.
DEUTERONOMIUM 28:1 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
En as jy ywerig luister na die stem van die HERE jou God om al sy gebooie te onderhou en te doen wat ek jou vandag beveel, dan sal die HERE jou God jou verhef bo al die nasies van die aarde
DEUTERONOMIUM 28:1 Die Boodskap (DB)
“Jy moet baie goed luister na wat die Here jou God vir jou sê om te doen. As jy alles doen presies nes Hy vir jou sê en jy gehoorsaam is om alles te doen wat Hy jou beveel, sal dit goed gaan met jou. Die Here sal jou belangriker maak as enige ander nasie op aarde.