DEUTERONOMIUM 26:18 - Compare All Versions

DEUTERONOMIUM 26:18 ABA (Bybel vir almal)

Die Here het vandag ook gesê dat julle sy volk sal wees. Hy het gesê dat julle aan Hom behoort en dat julle baie kosbaar is. Hy het ook gesê dat julle alles moet doen wat Hy sê.

DEUTERONOMIUM 26:18 AFR53 (Afrikaans 1933/1953)

En die HERE het jou vandag laat verklaar dat jy vir Hom 'n eiendomsvolk sal wees soos Hy jou beloof het, en dat jy al sy gebooie sal onderhou

DEUTERONOMIUM 26:18 AFR83 (Afrikaans 1983)

Die Here het vandag verklaar dat jy sy eiendomsvolk is soos Hy jou beloof het, en gesê dat jy al sy gebooie moet gehoorsaam

DEUTERONOMIUM 26:18 AFR20 (Die Bybel 2020-vertaling)

Die HERE gee jou vandag sy woord dat jy as volk sy persoonlike eiendom sal wees, soos Hy jou beloof het, sodat jy al sy gebooie kan nakom.

DEUTERONOMIUM 26:18 CAB23 (Contemporary Afrikaans Bible 2023)

En die HERE het jou vandag aangewys om sy eiendomsvolk te wees, soos Hy jou beloof het, en dat jy al sy gebooie moet onderhou

DEUTERONOMIUM 26:18 DB (Die Boodskap)

Daarom verklaar die Here vandag dat jy sy volk is. Julle behoort aan Hom. En julle is baie kosbaar vir Hom. Hy sal julle oppas. Hy belowe dat Hy dit sal doen. Julle moet net alles doen wat Hy julle beveel.

DEUTERONOMIUM 26:18 NLV (Nuwe Lewende Vertaling)

Die HERE het vandag verklaar dat jy sy volk is, sy kosbare besitting, net soos Hy beloof het, en dat jy al sy opdragte moet gehoorsaam.