DEUTERONOMIUM 26:14
DEUTERONOMIUM 26:14 Bybel vir almal (ABA)
Ek het nie van daardie kos geëet toe ek gerou het nie, ek het niks daarvan weggeneem toe ek onrein was nie, en ek het nie daarvan gegee vir iemand wat sterf nie. Ek het geluister na my God die Here, ek het alles gedoen wat Hy gesê het.
DEUTERONOMIUM 26:14 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
Ek het daarvan in my rou nie geëet en daarvan as 'n onreine niks weggebring en daarvan aan 'n dooie niks gegee nie; ek het na die stem van die HERE my God geluister; ek het gedoen net soos U my beveel het.
DEUTERONOMIUM 26:14 Afrikaans 1983 (AFR83)
Ek het nie van die tiende geëet terwyl ek gerou het nie. Ek het dit nie uit my huis uit weggeneem terwyl ek onrein was nie. Ek het nie daarvan aan 'n dooie afgod geoffer nie. Ek het na U geluister, Here my God, en ek het alles gedoen wat U my beveel het.
DEUTERONOMIUM 26:14 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Ek het nie daarvan geëet terwyl ek rou nie, en niks daarvan verwyder terwyl ek •onrein is nie. Ek het ook niks daarvan aan dooies gegee nie. Ek het na die stem van die HERE my God geluister. Ek het opgetree net soos U my beveel het.
DEUTERONOMIUM 26:14 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
Ek het daarvan in my rou nie geëet nie, en ek het niks daarvan weggeneem vir enige onrein gebruik nie, en ook niks daarvan gegee vir die dooies nie; maar ek het geluister na die stem van die HERE my God en gedoen volgens alles wat jy het my beveel.
DEUTERONOMIUM 26:14 Die Boodskap (DB)
Ek het niks daarvan geëet terwyl ek hartseer was omdat iemand na aan my dood is nie. Ek het ook nie hierdie offer vir U gebring toe ek nie heeltemal rein was nie. En ek het niks daarvan as ’n offer vir dooie mense gegee nie. Ek het alles gedoen wat die Here my beveel het. Ek het nie vergeet wat U vir my gesê het nie.