DEUTERONOMIUM 22:1
DEUTERONOMIUM 22:1 Bybel vir almal (ABA)
Moses het gesê: “Wanneer 'n bees of 'n skaap van 'n ander Israeliet wegraak, en jy sien die dier, dan mag jy nie stilbly nie. Jy moet die dier terugbring vir sy eienaar, jy móét dit doen.
DEUTERONOMIUM 22:1 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
JY mag die bees van jou broer of sy stuk kleinvee nie sien ronddwaal en jou vir hulle verberg nie; jy moet hulle sekerlik na jou broer terugbring.
DEUTERONOMIUM 22:1 Afrikaans 1983 (AFR83)
“Jy mag jou nie blind hou wanneer jy 'n verdwaalde bees of skaap van jou volksgenoot sien nie. Jy moet dit na hom toe terugvat.
DEUTERONOMIUM 22:1 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
“ Jy mag nie toekyk hoe jou volksgenoot se bees of kleinvee ronddwaal en jou dan afsydig hou nie. Jy moet hulle beslis na jou volksgenoot terugvat.
DEUTERONOMIUM 22:1 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
Jy mag jou broer se bees of sy kleinvee nie sien dwaal en jou vir hulle verberg nie; jy moet hulle in elk geval na jou broer terugbring.