DEUTERONOMIUM 19:3
DEUTERONOMIUM 19:3 Bybel vir almal (ABA)
Julle moet die land in drie dele deel, en daar moet 'n asielstad in elke deel wees, sodat 'n persoon wat iemand anders doodgemaak het, na 'n asielstad kan vlug en maklik daar kan kom.
DEUTERONOMIUM 19:3 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
Jy moet vir jou die pad regmaak en jou grondgebied wat die HERE jou God jou laat erwe, in drie dele verdeel, sodat elkeen wat 'n doodslag begaan het, daarheen kan vlug.
DEUTERONOMIUM 19:3 Afrikaans 1983 (AFR83)
as stede waarheen iemand kan vlug as hy 'n ander doodgemaak het. Jy moet die land wat die Here jou God aan jou as besitting gee, in drie streke verdeel sodat die stede maklik bereikbaar is.
DEUTERONOMIUM 19:3 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Bepaal die afstande en verdeel dan die grondgebied van jou land wat die HERE jou God vir jou as erfdeel gee in drie dele, sodat elkeen wat manslag gepleeg het, daarheen kan vlug.
DEUTERONOMIUM 19:3 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
Jy moet vir jou 'n pad berei en die grondgebiede van jou land wat die HERE jou God jou as erfdeel sal gee, in drie dele verdeel, sodat elkeen wat verslaan, daarheen kan vlug.