DEUTERONOMIUM 19:14
DEUTERONOMIUM 19:14 Bybel vir almal (ABA)
“Julle moenie die klippe op die grens tussen jou en jou buurman op 'n ander plek sit nie. Mense het voorheen gesê waar die grense moet wees van die plase wat julle sal kry in die land wat julle God die Here vir julle gee sodat julle dit vir julleself kan vat.”
DEUTERONOMIUM 19:14 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
JOU naaste se grenslyn, deur die voorvaders getrek in jou erfdeel wat jy sal erwe in die land wat die HERE jou God jou sal gee om dit in besit te neem, mag jy nie verlê nie.
DEUTERONOMIUM 19:14 Afrikaans 1983 (AFR83)
“Jy mag nie jou buurman se grenslyne verskuif nie. Dit is grenslyne wat voorheen deur die voorgeslag vasgestel is vir die eiendom wat jy sal besit in die land wat die Here jou God jou as besit sal gee.”
DEUTERONOMIUM 19:14 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
“Jy mag nie jou naaste se grens verskuif wat die voorgeslagte afgebaken het op jou erfenis wat jy gaan ontvang in die land wat die HERE jou God vir jou gaan gee om in besit te neem nie.
DEUTERONOMIUM 19:14 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
Jy mag jou naaste se landmerk nie verwyder nie, wat hulle van ouds af in jou erfdeel gestel het, wat jy sal beërwe in die land wat die HERE jou God jou gee om dit in besit te neem.