DEUTERONOMIUM 18:14
DEUTERONOMIUM 18:14 Die Boodskap (DB)
Die mense wat jy daar gaan wegjaag, hou van mense wat hulle met toordery ophou en die toekoms voorspel. Luister mooi: die Here jou God verbied jou om jou met hierdie dinge besig te hou.”
DEUTERONOMIUM 18:14 Bybel vir almal (ABA)
Julle sal nou ander volke se grond gaan vat, daardie volke luister na mense wat sê hulle weet dinge wat ander mense nie kan weet nie, hulle luister na waarsêers, maar julle mag dit nie doen nie, julle God die Here wil nie hê dat julle dit moet doen nie.”
DEUTERONOMIUM 18:14 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
Want hierdie nasies wat jy uit hulle besitting verdrywe, luister na goëlaars en waarsêers; maar wat jou aangaan, die HERE jou God het jou nie so iets toegelaat nie.