DEUTERONOMIUM 17:11
DEUTERONOMIUM 17:11 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
Ooreenkomstig die wet wat hulle jou leer en volgens die regspraak wat hulle jou sê, moet jy handel; jy mag nie regs of links afwyk van die uitspraak wat hulle jou te kenne gee nie.
DEUTERONOMIUM 17:11 Bybel vir almal (ABA)
Hulle sal vir julle sê wat die wette van die Here sê en wat julle moet besluit, en julle moet dit so doen. Julle moet alles doen wat hulle vir julle sê, julle moet dit presies so doen.
DEUTERONOMIUM 17:11 Afrikaans 1983 (AFR83)
Jy moet handel volgens die onderrig wat hulle gee, volgens die uitspraak wat hulle vir jou lewer. Jy mag nie 'n haarbreedte afwyk van wat hulle vir jou sê nie.
DEUTERONOMIUM 17:11 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Presies volgens die uitleg wat hulle vir jou gee en die beslissing wat hulle jou meedeel, moet jy optree. Jy mag van die uitspraak wat hulle aan jou bekend maak, nie links of regs afwyk nie.
DEUTERONOMIUM 17:11 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
Volgens die uitspraak van die wet wat hulle jou sal leer en volgens die oordeel wat hulle jou sal sê, moet jy doen.