DEUTERONOMIUM 15:9
DEUTERONOMIUM 15:9 Bybel vir almal (ABA)
Jy mag nie onvriendelik wees met jou naaste en niks vir hom wil leen nie omdat die sewende jaar naby is, die jaar wanneer jy moet sê dat mense wat vir julle geld skuld, dit mag hou. Iemand wat dit doen, doen 'n verkeerde ding. Want as jy nie vir hom wil help nie, dan sal hy miskien vir die Hére vra om hom te help, en jy sal skuldig wees omdat jy verkeerd gedoen het.
DEUTERONOMIUM 15:9 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
Neem jou in ag, dat daar in jou hart geen slegte gedagte is nie, naamlik: Die sewende jaar, die jaar van kwytskelding, is naby — en jou oog dan jou arm broer skeef aankyk, en jy hom niks gee nie, en hy teen jou na die HERE roep, en dit sonde in jou word.
DEUTERONOMIUM 15:9 Afrikaans 1983 (AFR83)
Moenie sondige gedagtes herberg en dink dit is nie goed om jou broer wat arm is te help nie omdat die sewende jaar, die jaar van afskrywing, op hande is nie. Hy mag hom teen jou op die Here beroep, en jy sal skuldig staan.
DEUTERONOMIUM 15:9 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
“Wees versigtig dat daar nie in jou hart die slinkse gedagte opkom om te dink, die sewende jaar, die jaar van kwytskelding kom nader nie, en jy dan jou oë sluit vir jou behoeftige volksgenoot en jy nie vir hom iets gee nie. Hy sal hom op die HERE beroep teen jou, en dan staan jy skuldig.
DEUTERONOMIUM 15:9 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
Pas op dat daar geen gedagte in jou goddelose hart is wat sê: Die sewende jaar, die jaar van vrylating, is naby; en jou oog wees sleg teen jou arm broer, en jy gee hom niks; en hy het die HERE teen jou aangeroep, en dit sal jou sonde wees.
DEUTERONOMIUM 15:9 Die Boodskap (DB)
Moenie dink die sewende jaar is naby en dan weier om jou broer te help nie. Hy sal met die Here gaan praat; dan sal jy skuldig staan.