DEUTERONOMIUM 15:3
DEUTERONOMIUM 15:3 Bybel vir almal (ABA)
Julle mag vir mense wat nie Israeliete is nie, sê hulle móét betaal, maar vir ander Israeliete moet julle sê hulle mag die geld hou, hulle moenie die geld terugbetaal wat hulle vir julle skuld nie.
DEUTERONOMIUM 15:3 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
Die uitlander mag jy aanmaan; maar wat jy by jou broer het, moet jou hand kwytskeld.
DEUTERONOMIUM 15:3 Afrikaans 1983 (AFR83)
Jy mag wel 'n nie-Israeliet dwing om sy skuld te betaal, maar as 'n mede-Israeliet jou iets skuld, moet jy dit vir hom afskryf.
DEUTERONOMIUM 15:3 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Op 'n buitelander mag jy druk uitoefen, maar wat jou volksgenoot skuld, moet jy kwytskeld.