DEUTERONOMIUM 10:12
DEUTERONOMIUM 10:12-13 Bybel vir almal (ABA)
“En nou, Israeliete, wat wil julle God die Here hê julle moet doen? Hy vra dat julle Hom moet respekteer, dat julle moet lewe soos Hy wil hê, dat julle lief moet wees vir Hom, dat julle elke dag julle God die Here sal dien met julle hele hart, dat julle sal doen wat sy wette sê, die wette wat ek vandag vir julle gee. Julle God die Here vra niks meer van julle nie. As julle dit doen, dan sal dit goed gaan met julle.
DEUTERONOMIUM 10:12 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
En nou, Israel, wat eis die HERE jou God van jou as net om die HERE jou God te vrees, in al sy weë te wandel en Hom lief te hê en die HERE jou God te dien met jou hele hart en met jou hele siel
DEUTERONOMIUM 10:12 Afrikaans 1983 (AFR83)
“En nou, Israel, die Here jou God vra net dat jy Hom moet eer, sy wil moet gehoorsaam, Hom moet liefhê en dien met hart en siel.
DEUTERONOMIUM 10:12 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
“ Daarom dan, Israel, wat anders vra die HERE jou God van jou as om vir die HERE jou God ontsag te hê, om al sy paaie te volg, om Hom lief te hê en die HERE jou God te dien met hart en siel
DEUTERONOMIUM 10:12 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
En nou, Israel, wat vra die HERE jou God van jou as om die HERE jou God te vrees, in al sy weë te wandel en Hom lief te hê en die HERE jou God te dien met jou hele hart en met jou hele hart siel