DEUTERONOMIUM 1:7
DEUTERONOMIUM 1:7 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)
“‘Dit is tyd om die kamp af te slaan en aan te beweeg. Trek na die bergwêreld van die Amoriete en na al die naburige streke toe – die Jordaanvallei, die bergwêreld, die laeveld, die Negevgebied en die kusvlakte. Gaan na die land van die Kanaäniete en die Libanon tot by die groot Eufraatrivier.
DEUTERONOMIUM 1:7 Bybel vir almal (ABA)
Julle moet nou weggaan. Julle moet verder gaan na die Bergland van die Amoriete en na die ander lande daar naby, na die Jordaan-vallei, die Bergland, die Laeveld, die Suid-land en die Seekus, die land van die Kanaäniete en die Libanon-berg. Julle moet gaan tot by die groot rivier, die Eufraat-rivier.
DEUTERONOMIUM 1:7 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
Trek weg en breek op en gaan na die gebergte van die Amoriete en na al sy naburige plekke: die Vlakte, die Gebergte en die Laeveld en die Suidland en by die seekus — die land van die Kanaäniete en die Líbanon, tot by die groot rivier, die Eufraatrivier.
DEUTERONOMIUM 1:7 Afrikaans 1983 (AFR83)
Breek nou kamp af en trek die Bergwêreld van die Amoriete in en ook die gebied van die mense wat saam met die Amoriete in die land woon: die Jordaanvallei, die Bergwêreld, die Laeveld, die Suidland en die Kusvlakte. Dit is die hele Kanaän en die Libanon tot by die groot rivier, die Eufraat.
DEUTERONOMIUM 1:7 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Breek julle kamp op en trek na die bergland van die Amoriete en al die omliggende gebiede: die Araba, die bergland, die Sjefela, die Negev en die kusvlakte – dit wil sê, die land van die Kanaäniete en ook die Libanon en die gebied tot by die groot rivier, die Eufraat.
DEUTERONOMIUM 1:7 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
Draai om en trek weg en gaan na die berg van die Amoriete en na al die plekke daar naby, in die vlakte, in die heuwels en in die laagte en in die suide en langs die see, om die land van die Kanaäniete en tot by die Líbanon, tot by die groot rivier, die Eufraatrivier.
DEUTERONOMIUM 1:7 Die Boodskap (DB)
Trek nou die land binne wat Ek aan julle beloof het. Slaan julle tente op en gaan na die bergland waar die Amoriete aan die westekant van die Jordaan bly. Verslaan die volke in die woestyndele, op die berge, in die kusvlakte en in die Suidland tot aan die kus van die Middellandse See. Trek die land van die Kanaäniete binne en oorwin die hele gebied van die Libanon af tot aan die groot rivier, die Eufraat.