DEUTERONOMIUM 1:38
DEUTERONOMIUM 1:38 Bybel vir almal (ABA)
Josua seun van Nun, die man wat vir jou werk, hý sal in die land kom. Jy moet hom sterk maak en vir hom leer om die werk te kan doen wat hy moet doen, want hy sal die Israeliete lei om die land vir hulleself te vat.
DEUTERONOMIUM 1:38 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
Josua, die seun van Nun, wat voor jou staan — hý sal daar inkom; versterk hom, want hý sal Israel dit laat beërwe.
DEUTERONOMIUM 1:38 Afrikaans 1983 (AFR83)
Jou assistent, Josua seun van Nun, hý sal daar ingaan. Moedig hom aan, want dit is hý wat Israel die land in besit sal laat neem.
DEUTERONOMIUM 1:38 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Josua, die seun van Nun, wat in jou diens is, hy sal daar ingaan; hom moet julle ondersteun, want hy is die een wat Israel die land in besit sal laat neem.
DEUTERONOMIUM 1:38 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
Maar Josua, die seun van Nun, wat voor jou staan, hy moet daar ingaan; bemoedig hom, want hy sal Israel dit laat beërwe.