DEUTERONOMIUM 1:16
DEUTERONOMIUM 1:16 Bybel vir almal (ABA)
“Ek het in daardie tyd vir julle regters gesê: ‘Julle moet goed luister na wat almal sê en julle moet reg oordeel wanneer party Israeliete mekaar beskuldig of wanneer 'n Israeliet en 'n vreemdeling mekaar beskuldig.
DEUTERONOMIUM 1:16 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
En ek het in dié tyd aan julle regters bevel gegee en gesê: Neem julle broers in verhoor en oordeel regverdig tussen 'n man en sy broer en die vreemdeling wat by hom is.
DEUTERONOMIUM 1:16 Afrikaans 1983 (AFR83)
In dieselfde tyd het ek ook julle regters beveel: ‘Verhoor die sake wat daar tussen julle volksgenote kom en lewer regverdige uitsprake, of dit nou is tussen volksgenoot en volksgenoot of tussen volksgenoot en vreemdeling.
DEUTERONOMIUM 1:16 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
“ Ek het in daardie tyd julle regters opdrag gegee en gesê, ‘Luister na albei partye en gee 'n regverdige uitspraak tussen volksgenote, en ook tussen 'n volksgenoot en 'n •vreemdeling by hom.
DEUTERONOMIUM 1:16 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
En ek het julle regters in dié tyd bevel gegee en gesê: Hoor die regsake tussen julle broers en oordeel regverdig tussen elkeen en sy broer en die vreemdeling wat by hom is.